Moreleta Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Moreleta Rest bied slaapplek vir tot 2 mense in Moreletapark, en is ideaal vir sakereisigers of besoekers aan die omgewing.

Die selfsorg-eenheid is op die eienaar se perseel geleë, maar het 'n privaat ingang en bied slaapplek vir 2 volwassenes, of 'n volwassene en 'n kind. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. 'n Kampbed is ook op versoek beskikbaar.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en gaste kan ontspan in die sitkamer.

Let daarop dat die eienaar en sy troeteldiere op die perseel woon, en ander troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Moreletapark bied verskillende winkelsentrums. Ander doendinge sluit voetslaan of wandel in die Moreletakloof Natuurreservaat, of gholf by een van die gholflandgoedere in die omgewing, Woodhill Gholflandgoed, Wingate Park Country Club en Silver Lakes Gholflandgoed in.

Slaapplek

'n Bespreking by Moreleta Rest sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Moreleta Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za