MOSAIC Lagoon Lodge
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 8 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosaic Private Sanctuary, Wortelgatpad, 8 km van Stanford af, 7210, Wes-Kaap
-
Vanaf
R8 740R6 992 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
MOSAIC Lagoon Lodge bied 'n perfekte, privaat wegbreek. Die 5 safari-suites skuil tussen oeroue melkhoutbome op die randjie van Hermanus se strandmeer. Besoekers kan hulle verlustig in die Kaapse blommeryk en voëllewe, op die strandmeer vaar, die pragtige strande en fassinerende seelewe bewonder en van die wêreld se mooiste wynplase besoek. Ontbyt en aandete is by die tarief ingesluit.
Die boumateriaal wat vir hierdie klipsuites gebruik is, is afkomstig van die plaas self. Elke suite het 'n grasdak en is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook 'n pragtige, sagte net, 'n sitarea, kaggel en 'n plafonwaaier. Elke badkamer het 'n vrystaande bad, aparte stort en 'n privaat buitestort vir 'n egte veld-ervaring. Die mure van klip en glas maak oop op privaat dekke met luisterryke berg-uitsigte. Die Forest View Suite het selfs 'n warmbad.
Wandel met die plankpaadjie onder die blaredak. Dié paadjie lei na die sitarea waar etes en drankies bedien word, of maak jou tuis voor die kaggel. Die swembadjie met uitsigte op die berge is ideaal vir besoekers wat die plaaslike voëllewe gade wil slaan. Met sonsondergang staan gaste verstom voor die kleurskouspel en later die helder sterrehemel.
Mosaic se kookkuns is voortreflik en getuig van die sjef, bakker, tuinier en plaaslike produsente se vernuf. Soggens word 'n stewige, warm ontbyt gekomplementeer met varsgebakte muffins, tuisgemaakte konfyte en vars vrugte. Middagetes kan by die Lagoon Lodge of by die Mosaic Lagoon Café as 'n piekniek onder die melkhoutbome geniet word, of voor die kaggel op koue dae. Ons sjef gebruik net seisoenale bestanddele en organiese groente uit ons tuin, en die geregte word op verskeie pragtige plekke by die lodge bedien.
Mosaic bied aktiwiteite vir die hele gesin, insluitend 4x4-uitstappies na die strand, vierwielmotorfietsry, bootvaarte, staanroei, kajakvaart, bergfietsry en begeleide wandelinge in die natuur. Ander doendinge sluit walviskyk-bootvaarte en haaihokduik in, en wynproe-toere kan gereël word. Gaste wat van bederf hou kan spa-sessies by die Rain Milkwood Spa op ons perseel bespreek.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Drankies ingesluit
- Middagete
- Piekniek-middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Maryke Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Mosaic Private Sanctuary, Wortelgatpad, 8 km van Stanford af, 7210, Wes-Kaap
- Gaste dink MOSAIC Lagoon Lodge het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosaic Private Sanctuary, Wortelgatpad, 8 km van Stanford af, 7210, Wes-Kaap