Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kingfisher Log Cabin

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mountain Fly Fishing, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kingfisher Log Cabin bied selfsorgverblyf op 'n plaas van 300 hektaar, Mountain Fly Fishing, in die Magoebaskloof-omgewing buite Haenertsburg, Limpopo. Dié kothuis is 'n ideale keuse vir gaste wat op soek is na ontspanning in die omliggende natuur.

Dié houthuisie bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer wat met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n slaapbank vir 2 kinders, sitplek, 'n TV, 'n kaggel en 'n etenstafel. Dit lei na 'n balkon met meubels. 'n DStv-skottel is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Braaigeriewe en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Gaste het toegang tot 5 forelvlieghengeldamme op privaat eiendom wat ideaal is vir voetslaan, bergfietsry, vierwielmotorfietsry en voëlkyk. Mountain Fly Fishing is ongeveer 14,4 km buite Haenertsburg waar gaste plaaslike geriewe soos winkels en restaurante kan vind.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKinderbank vir 2
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 68 resensies vir Kingfisher Log Cabin
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Josie Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 68

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Mountain Fly Fishing, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Kingfisher Log Cabin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mountain Fly Fishing, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c1364526687d710ef27400c22ceb992d34f12d546b44c8b92fbf1e70bc6f318c74ac2a94f9a3cc5ec7f22daaa9ea7eb775c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6) 68 5 1 5 Mountain Fly Fishing Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.868061056704 29.912044518555
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem