Mountain Splendour Eco-Resort
- Kapasiteit: 544 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 1389, D19, Cathkin Valley, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R440 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mountain Splendour Eco-Resort word deur 'n familie besit en bestuur op 'n rustige plaas wat uitstekende kampeer- en karavaanstaanplek bied. Die oord is in die pragtige Champagne Valley in die sentrale Drakensberg en spog met uitsigte op majestueuse pieke.
Mountain Splendour Eco-Resort het 60 kampeer- en karavaanstaanplekke, 5 glanskampeertente en 3 houthuise.
Elke kampeer- en karavaanstaanplek is 'n verhewe 8 by 8 meter grondblad wat 'n elektriese punt en 'n braai-area het. Elke staanplek het toegang tot gemeenskaplike ablusie- en wasgoedgeriewe. Elke glanstent het twee enkelbeddens, opgemaak met linne, 'n yskassie, ligte, 'n mikrogolf en 'n verskeidenheid eetgerei. Die tente het toegang tot privaat of gedeelde abulsiegeboue. Die houthuise bied verblyf aan tot 6 gaste in elk en elke huis het 2 of 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n kombuis en leefarea wat na 'n dek lei. Die houthuise het lugversorging en verwarmers.
Mountain Splendour Resort se geriewe sluit ook 'n oulike kinderspeelplek, 'n swembad, tennis- en volleyball-bane, veerpyltjieborde, tafeltennistafel en groot, oop grasperke om speletjies soos sokker, krieket of frisbee te kan speel. Nog 'n gunsteling vir die kinders is om die diere op die plaas te besoek soos ponies, donkies, bokke, varke en eende. Vir diegene wat rustigheid soek, is daar 'n aantal afgesonderde piekniekplekke, staproetes en 'n dam by die rivier wat deur die plaas kronkel. Vir die avontuurlustiges is daar opwindende bergfietstoere wat deur die gashere bespreek kan word.
Die onmiddelike omgewing bied baie avontuur- en buitelugaktiwiteite soos witwaterroei, stap, perdry, visvang in die dam, gholf en rolbal. Gholfspelers het 'n keuse tussen 'n 18- of 9-putjie kampioenskapbaan wat beide langs die plaas is. Plaaslike geriewe sluit 'n kunsroete, koffiewinkels, restaurante, kruidenierswinkels en die Drakensberg se Seunskoor in waar gereelde konserte gehou word. Daar is wildreservate, gedenkwaardige oorlogsterreine en goeie riviervisvangplekke.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Su Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Plaas 1389, D19, Cathkin Valley, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Mountain Splendour Eco-Resort het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 544 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 1389, D19, Cathkin Valley, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal