Mountain View Retreat
Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 36 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erfdeel 20, Avontuur, Langs die R38, Badplaas, 1190, Mpumalanga
-
Vanaf
R800R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mountain View Retreat bied selfsorgverblyf in 'n gebied met onontdekte panoramiese prag, ryk in geologiese kenmerke, aan die voet van die Hlumu-hlumu-berge. Mountain View Retreat is 8 km buite die dorpie Badplaas (Emanzana) in 'n pragtige vallei in Mpumalanga, op die R38 tussen Carolina en Barberton. Dit is net 2 en 'n half uur se ry vanaf Gauteng en 'n uur en 'n kwart se ry vanaf Mbombela (Nelspruit)/Ermelo. Hierdie verblyf is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk.
Mountain View Retreat bied verblyf in 7 selfsorg-chalets wat elkeen 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en eetarea het. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. In die badkamer is daar 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatgasstofie, ketel, eetgerei, breekware en potte en panne.
Mountain View Retreat bied ook 'n standaardgrootte swembad, 'n privaat boma-braai vir groepe, 'n trampolien en klimraam vir kinders, 'n speelarea met 'n pooltafel en tafeltennis, 'n groot sportveld, en 'n dam met kano's. Vang-en-vrylaat-baarsvang kan by dié dam beoefen word.
Dié plek is ideaal vir natuurliefhebbers wat van als wil ontsnap. Op die buur-plase, wat stapafstand is, is daar 'n gholfbaan en Mountain View is 1 km vanaf die naaste bergreeks, wat ideaal vir daguitstappies vir die hele gesin is.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Wimpie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 57
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Erfdeel 20, Avontuur, Langs die R38, Badplaas, 1190, Mpumalanga
- Gaste dink Mountain View Retreat het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Badplaas Mpumalanga
- Kapasiteit: 36 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erfdeel 20, Avontuur, Langs die R38, Badplaas, 1190, Mpumalanga