Kampsbaai Akkommodasie by Msangasanga | LekkeSlaap
+27

Msangasanga

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Fillians-weg 14, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 860 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Msangasanga is 'n selfsorg-villa in die luukse Kampsbaai-woonbuurt in Kaapstad. Dit is net 1,5 km van Kampsbaai se strand, restaurante, kroeë, klubs en winkels af, én net 25 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Dié dubbelverdieping-villa het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n plafonwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer lei ook na 'n stoep. Die tweede, derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad. Die vyfde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die villa spog met 2 kombuis-areas. Die ten volle toegeruste kombuis het die nodige toebehore om maaltye mee voor te berei en te kook, en sluit 'n opwas-area met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Daar is nog 'n kombuisie op die boonste verdieping. Daar is 2 sitareas, die oopplan-leefarea op die onderste verdieping het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n etenstafel met sitplek vir 6.

Die leefarea lei na 'n groot kuierarea met stoepmeubels, 'n braai-area en 'n uitsig oor die swembad. Die huis het ook WiFi, 'n alarmstelsel wat aan gewapende beheer gekoppel is, en parkeerplek vir 2 voertuie.

Slaapplek

’n Bespreking by Msangasanga sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • St Fillians-weg 14, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 860
per nag (plek vir 10)
Vanaf R6 860
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Fillians-weg 14, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81jGMvDijHacUA745bqQUiDPG1RYVnRLuqRCg5aMXMe8p1wwsH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R6 860  per nag (plek vir 10) 14 St Fillians Road Camps Bay 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.95403 18.38323
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za