Muir Holiday Flats
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 36 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Muir Hoiday Flats, Perlemoenlaan 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R1 188 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Muir Holiday Flats is stapafstand (5 min) van die Stilbaai-strand, rivier en hawe-area. Daar is 8 goed toegeruste en knus grondvlak-eenhede, en een eenheid op die boonste vlak. Die eenhede is vir 4 tot 6 gaste geskik. Daar is 2 slaapkamers (volledig gemeubileerd met beddegoed en handdoeke), 'n volledig toegeruste kombuis, TV met M-Net, WiFi en 'n patio met braaigeriewe. Ons eenhede is ideaal geleë vir 'n rustige, ontspanne vakansie in 'n stil area.
Stilbaai is een van die beste toeriste-bestemmings op die Tuinroete, Suid-Afrika. Alhoewel ons gedurig groei toon, word die plattelandse gevoel steeds behou. Hier kan jy waarlik reken op 'n vry, veilige en rustige vakansie.
Stilbaai is bekend vir die lang, sanderige strande, en word as 'n Blouvlagstrand herken. Die matige weerstoestande gedurende wintermaande, en die warm, sonnige dae gedurende die feestelike Desember-seisoene, maak ons die ideale vakansiebestemming! 'n Navigeerbare rivier strek oor 15 km, en walviskyk kan van Junie tot Oktober geniet word. Die besonderse natuurskoon sluit 'n ryk voëllewe in, en gaste kan 'n wye verskeidenheid doendinge geniet: visvang, duik en branderplankry, gholf, en smul aan heerlike bederwe by koffiewinkels en restaurante.
Besoek Stilbaai en bly in Muir Holiday Flats!
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Muir Vakansie
Woonstelle ...
Eiendomme 1
Resensies 111
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Muir Hoiday Flats, Perlemoenlaan 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Muir Holiday Flats het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Stilbaai-Wes Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 36 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Muir Hoiday Flats, Perlemoenlaan 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap