Napier All Sorts

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Napier All Sorts bied verblyf in 'n eenheid met dennehoutvloere en 'n ouwêreldse bekoring wat uit 1939 dateer. Hoewel die huis teen die hoofstraat geleë is, voel jy asof jy op 'n plaas is. Daar is restaurante, kroeë en interessante winkeltjies stapafstand van die eenheid af en ons bied parkeerplek op die perseel self.

Daar is 'n koffiewinkel op die perseel met tuisgemaakte scones waar jy plattelandse gasvryheid kan geniet. Daar is ook 'n bekoorlike geskenkwinkel waar jy deur al die mooi goed kan snuffel. Verskeie kunsvlytprodukte, van handgemaakte juweliersware tot skaakstelle is te koop. Daar is ook 'n privaat versameling militaria met medaljes, uniforms ens. wat op die perseel te siene is.

Ons bied verblyf in 3 slaapkamers, 2 met 'n antieke bronsbed en 2 met 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer wat gedeel word. Linne en handdoeke word ook voorsien. Die eetarea het 'n tafel en stoele en daar is 'n TV met DStv-kanale (nie die sportkanaal nie). Die eenheid het 'n gedeelde braai-area onderdak. Veilige parkeerplek is beskikbaar en die eenheid het 'n privaat ingang.

Slaapplek

'n Bespreking by Napier All Sorts sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Napier All Sorts gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za