Arniston Akkommodasie by Napier Street | LekkeSlaap
+26

Napier Street

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Napierstraat 8, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Napier Street is in die kusdorpie, Arniston, net 100 m van die strand af. Dié eiendom bied gerieflike verblyf in 2 selfsorgwoonstelle sowat 800 m van Roman Beach af.

Die eerste woonstel, Sundew, het slaapplek vir 5 gaste. Dit is 'n tweeslaapkamer-tuinwoonstel met 'n gedeeltelike see-uitsig. Die woonstel beskik oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea met 'n kaggel. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Die leefarea lei na 'n patio met 'n see-uitsig.

Die woonstel beskik ook oor 'n slaapkamer met 3 enkelbeddens, waarvan 2 in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Dié slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n gastetoilet. Die woonstel het toegang tot 'n omheinde tuin met ingeboude braaigeriewe. Daar is 'n alarmstelsel en geslotekringtelevisie, bedlinne, badhanddoeke, 'n filterkoffiemasjien en volle DStv. Parkeerplek is beskikbaar en die woonstel word 2 keer 'n week skoongemaak.

Die tweede woonstel, Bluebell, is 'n bekoorlike eenslaapkamer-tuinwoonstel met 'n oopplan-kombuis en -leefarea, en 1 slaapkamer wat alles na 'n privaat patio lei. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n enkelbed in die leefarea wat vir 'n kind geskik is. Die badkamer het 'n bad met 'n handstort, 'n wasbak en 'n toilet. Dié woonstel het 'n alarmstelsel, bedlinne, badhanddoeke, 'n filterkoffiemasjien, volle DStv, 'n mikrogolfoond, buitebraaigeriewe en 'n stoof. Parkeerplek word voorsien en die woonstel word 2 keer 'n week skoongemaak.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 1 resensie vir Napier Street
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Napierstraat 8, Arniston, 7280, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Napierstraat 8, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAt4EMIkbQCd5YIIeVG7fLIb7y2nV2lEwVYdwbyNEVAlClYiVGIg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 3) 1 5 1 4 8 Napier Street Arniston 7280 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.670405235704 20.232116171164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za