LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Nature's Paradise | LekkeSlaap
+22

Nature's Paradise

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bude-weg 19, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R440 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nature's Paradise bied bekoorlike, moderne selfsorgverblyf in die pragtige kusdorpie, Southbroom.

Verblyf word gebied in 'n solderwoonstel met 'n aparte ingang, 'n oop bad, kombuisie en 'n koningingrootte-bed op 'n tussenvlak en 'n privaat gastekamer met direkte toegang tot die terras. Gaste wat die gastekamer bespreek deel die badkamer en kombuis met die eienaars. WiFi en veilige parkeerplek is beskikbaar vir beide eenhede.

Die solderwoonstel is op die eienaar se perseel, maar het 'n privaat ingang en 'n patio. Dié pragtige solderwoonstel het slaapplek vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed op 'n tussenvloer, 'n oop badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Die badkamer het 'n oop stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n moderne tweeplaatstoof, yskassie, mikrogolf en eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike bank, 'n stoel en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Daar is gratis WiFi beskikbaar. Die sitarea lei na 'n tuin met 'n aparte stoep en 'n vuurput met braaigeriewe.

Die privaat gastekamer is in die eienaar se huis en deel die badkamer en kombuis met die eienaars. Gaste kan deur die huis in gaan of die skuifdeure op die stoep as ingang gebruik. Die badkamer het 'n oopplan-stort, wasbak en toilet. Die kamer het 'n dubbelbed en klerekas. Ontbyt is beskikbaar op versoek en WiFi en veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste kan die terras met braaigeriewe geniet. Die gemeenskaplike leefarea het gemaklike banke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Southbroom en die omgewing bied veilige, eindelosse strande en verskeie doendinge, soos walviskyk, die Southbroom Gholfklub, tennisklub, branderplankry, rots- en branderplankvisvang en bergfietsry. Besienswaardighede in die omgewing sluit Wild Coast Sun, Beever Creej Coffee Farm, Krokodilplaas, en Mpenjati-, Umtamvuna- en Oribireservaat in. Die area bied ook verskeie restaurante, kroeë en koffiewinkels.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Duits
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 5 resensies vir Nature's Paradise
Netheid
4.4/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Bude-weg 19, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Nature's Paradise het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R440
per nag (plek vir 2)
Vanaf R440
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bude-weg 19, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc7rqf8FucyBavdG37NBxtV2CFXRCDPsi3Hwpu8IYtSLQouqAtG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R440  per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 19 Bude Road Southbroom 4277 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -30.921367916552 30.309002048323
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!