Noko Lodge Mabalingwe
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Noko Lodge is 'n selfsorg-lodge in die Mabalingwe Groot 5 Natuurreservaat met 24 uur-sekuriteit. Dis net 2 ure vanaf Johannesburg en 28 km vanaf Bela-Bela. Dié rustige omgewing is baie privaat en stil en gaste kan die inheemse fauna en flora van die omgewing geniet.
Die lodge is gemaklik ingerig en beskik oor 3 en suite-kamers met lugversorging en bied slaapplek aan 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer op die boonste verdieping het 3 enkelbeddens wat ook as 'n dubbelbed opgemaak kan word.
Daar is 'n privaat swembad beskikbaar.
Die oopplan-leefarea/-kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, 'n elektriese stoof/oond, 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. In die sitkamer is daar 'n platskerm-TV met volle DStv. Op die onderdakstoep is daar buitemeubels waarop gaste kan ontspan en ook 'n privaat braai-boma. Daar is ook 'n gasbraai in die geval van kragonderbrekings.
Gaste kan die wild wat vrylik om die eenheid rondbeweeg, bewonder. Die reservaat is baie veilig met 24 uur-sekuriteit en toegangsbeheer. Noko is stapafstand van warm- en kouewaterswembaddens, tennisbane, muurbalbane, putt-putt en 'n plaaswinkelgeleë.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Leonita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 36
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Noko Lodge Mabalingwe het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom