Ocean View Villas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ocean View Villas is in die Premier Hotel Edwardian-kompleks geleë in die klein oorddorpie Port Edward. Ons bied gerieflike en basiese selfsorgverblyf in ateljee-eenhede.

Die oopplan-eenhede beskik oor 'n slaapkamer, 'n en suite-badkamer, 'n kombuisie, 'n sitkamer en 'n patio. Al die kamers is ingerig met die volgende: lugversorging, 'n yskassie, mikrogolfoond, TV's met beperkte DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het toegang tot kamerdiens. Die sekuriteitkompleks het 'n restaurant, 'n swembad, internet-geriewe, wasgoedgeriewe, veilige parkeerplek en 'n motorwassery.

Besienswaardighede in die area sluit die Wild Coast Sun Casino and Golf Club, San Lameer Golf Club, Southbroom Golf Club, Port Edward Golf Club, Margate Golf Club, Beaver Creek Coffee Farm, Riverbend Crocodile Farm en Umtamvuna Natuurreservaat in. Doendinge sluit hengel, rolbal, muurbal, perdry, kegelbal, bergfietsry, abseil en staproetes in. Daar is ook verskeie restaurante, koffiewinkels en kroeë in die area om van te kies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean View Villas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za