Oceanbreeze 13

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Oceanbreeze 13 is 'n selfsorg-eenheid op die grondvloer in 'n cabana-styl op Winklespruit se Blouvlagstrand en die kompleks bied direkte toegang tot die strand.

Die eenheid is 'n moderne, goed toegeruste ateljeewoonstel met 'n dubbelbed en ingeboude kaste in die slaaparea wat met skuifdeure van die sitarea geskei kan word. Die oopplan-sitkamer het 'n stapelbed en 'n L-vormige bank met sitplek vir 4 wat in 'n slaapbank omskep kan word. Daar is 'n tafel met 4 stoele en 'n TV met DStv-koppelpunt.

Die moderne kombuis het graniettoonbanke en is volledig toegerus vir selfsorg. Die badkamer beskik oor 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die eenheid lei na 'n onderdak-patio met 'n tafel en 6 stoele en ongelooflike uitsigte oor die see en tropiese tuin. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamer en sitarea. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke bring.

Die kompleks bied verskeie braai-areas met tafels en stoele. Daar is ook 'n swembad vir kinders en 'n tweede, groter swembad. Daar is onderdakparkeerplek en 24 uur-sekuriteit by die kompleks.

Ons is na aan 'n winkelsentrum, mediese geriewe en slegs 8 km van die Galleria Mall in Amanzimtoti. Daar is ook 5 gholfbane om van te kies in die omgewing en die wêreldbekende Aliwal Shoal naby Umkomaas vir skubaduik. Durban en al die geriewe wat die stad bied is slegs 25 minute weg en die Durban Internasionale Lughawe sowat 60 km ver.

Rook is verbode in die eenheid, maar rokers kan gerus die stoep benut.

Slaapplek

'n Bespreking by Oceanbreeze 13 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelslaapbank
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oceanbreeze 13 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R630 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za