On Zee Watersedge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On Zee Watersedge is 'n groot waterfrontgesinshuis met slaapplek vir 11 gaste en 'n lieflike uitsig oor die marina en die Muizenbergbergreeks.

Die huis beskik oor lugversorging en 5 slaapkamers, en linne en handdoeke word voorsien. Vier van die kamers het en suite-badkamers en die vyfde slaapkamer maak van 'n aparte badkamer gebruik. Drie van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed, die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die laaste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank, sowel as spasie vir 'n bababedjie.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en maaltye kan by die etenstafel of by die ontbyttoonbank geniet word.

Die sitkamer kyk oor die marina uit en beskik oor 'n TV met DStv en 'n kaggel. Die huis het ook 'n area vir die manne met 'n veerpyltjiebord, TV met DStv en 'n kroeg. WiFi is in die huis beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n gasbraai en kyk oor die marina en op die berge uit. Die tarief sluit 'n klein bootjie in waarmee gaste die vlei kan verken. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Let asseblief op dat dele van die eenheid via trappe bereik word en dit moontlik nie geskik is vir klein kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.

Let asseblief op dat On Zee Watersedge reg by die water geleë is, so kinders moet te alle tye onder ouertoesig wees en volwassenes moet kan swem.

On Zee Watersedge is 2 km vanaf 'n winkelsentrum, 3 km vanaf die strand en die Muizenberg Vlooimark op Sondae, en 4 km vanaf Surfer's Corner met al sy restaurante en toegang tot die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by On Zee Watersedge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 3 volwassenes en 1 kind
1 x Koninggrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On Zee Watersedge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 11)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za