LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ons Karoo Plaas | LekkeSlaap
+129

Ons Karoo Plaas

Selfsorg
Weeksdagaanbod 25% af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 12 Okt 2020 tot 26 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 65 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ons Karoo Plaas, Naby Vleiland, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R230 R173 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Ons Karoo Plaas is op 'n klein werkende plaas in die rustige Karoovallei net vanaf die R323 tussen Laingsburg en Seweweekspoort. Dis die ideale wegbreekplek vir diegene wat van die stad wil ontsnap. Die stilte van dié rustige vallei is baie spesiaal en daar is skaars enige voertuie wat rondry, dis gewoonlik net diegene wat die Rouxpos-roete verken of die boere van die buurplase.

Die ligging is ideaal vir gaste wat Seweweekspoort, Calitzdorp, Ladismith, Anysberg, Laingsburg, Bosluiskloof en vele meer wil verken. Die omgewing het 'n ryk geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog en die Vloedmuseum van die vloed in 1981 in Laingsburg.

Ons Karoo Plaas bied selfsorg-glanskampverblyf en kampeerplekke. Die filosofie op die plaas is om te hergebruik, herwin en weer bruikbaar te maak, so die ablusiegeriewe, verblyf en inwoners se areas is uniek en vol karakter met baie antiekeware.

Verblyf word in 4 unieke glanskamp-eenhede aangebied. Dis karavane met aangehegte kombuise en leefareas. Elke glanskamp-eenheid het sy eie tuin en buitebraaigeriewe.

Die 7 groot kampeerplekke het dele met gras en skadunet oor 'n gedeelte van die kampeerplek om koelte te verskaf in die somer.

Daar is skoon ablusiegeriewe vir mans en vroue en dit het toilette, storte, wasbakke en gasgeisers met 'n hoë druk.

Gaste het gebruik van die Residents Lounge met 'n winkeltjie met basiese benodighede. Koeldranke, ys, hout, vuuraanstekers, vars plaasbrood op bestelling, braaipakke, tuisgemaakte slaaie op bestelling en ander items is beskikbaar. Daar is ook 'n pool-tafel en 'n kaggel vir koue Karoonagte. Gaste kan op warm dae in die lieflike plaasdam-swembad afkoel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Ons Karoo Plaas, Naby Vleiland, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
was R230
Vanaf R173
per nag (vir 2 persone)
was R230
Vanaf R173
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 65 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ons Karoo Plaas, Naby Vleiland, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA67c29e4183b3e8b60529f7a9ee772ff7abce391f349225505ade59a24d6ec4eb72ccc35cbc7d71967cc530fb30f12a32fe45?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R230, nou Vanaf R173  per nag (vir 2 persone) Ons Karoo Plaas Near Vleiland 6900 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-20:00 10:00 -33.388731 21.1298947
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!