Ontspanning
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Irisstraat 10, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 535 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ontspanning is 'n losstaande huis in die bekoorlike kusdorpie Dwarskersbos aan die Weskus. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreekplekkie met selfsorggeriewe.
Dié drieslaapkamerhuis is volledig ingerig met 'n dubbelbed in elke kamer, en daar is 2 badkamers waarvan een en suite met die hoofslaapkamer is. Die ander badkamer word gedeel en het 'n aparte stort, bad, wasbak en 'n toilet. Gaste moet hul eie beddegoed bring, maar duvets en kussings is beskikbaar.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond. wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.
Die eetarea het 'n eetkamerstel met 6 stoele. Die woonkamer het 'n TV. Gaste kan 'n dekodeerder by die eienaar huur teen R35 per dag. Daar is ook binnebraaigeriewe.
Verder is daar 'n aparte woonstelletjie wat aan die hoofhuis grens wat apart of saam met die huis gehuur kan word. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Ontspanning sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Irisstraat 10, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Ontspanning het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Irisstraat 10, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom