Osborne Cottages
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteastraat 7, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Osborne Cottages bied selfsorgverblyf in die hartjie van die historiese dorp, Stanford, in 'n stil woonbuurt wat ook die beginpunt van 'n lekker staproete al langs die Kleinrivier het. Gaste kan ook 'n bootrit op die rivier geniet terwyl hulle na die voëllewe en berge kyk.
Verblyf is beskikbaar in 2 kothuisie met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders elk. Albei eenhede beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers.
Die hoofslaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank in die leefarea wat ideaal is vir 2 kinders. Die oopplan-kombuise is elkeen goed toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n platskerm-TV. Let asb. dat warm water deur 'n gasgeiser verhit word.
Elke kothuis bied toegang tot 'n stoep met 'n tuin waar gaste die draagbare braai kan gebruik. Oorgenoeg parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Die area spog met wynplase, brouerye en kaasplase. Vir die fynproewers bied Stanford als, vanaf heerlike standaardgeregte tot fynproewersmaaltye by Springfontein, Graze, Marianas, La Trattoria en Stanford Hills.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Opsomming van Resensie
Ligging
- Proteastraat 7, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Gaste dink Osborne Cottages het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteastraat 7, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom