LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation | LekkeSlaap
+94

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Helpmekaar, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation is sowat 25 km buite Fraserburg in die Noord-Kaap geleë en bied gehalteverblyf met 'n plattelandse styl, asook 'n kampeerterrein. Hier kan gaste rus, ontspan en ware Karoo-gasvryheid ervaar. Dit is ideaal vir oornagverblyf tussen Johannesburg en Kaapstad.

Ou Klipskuur is ook 'n heerlike wegbreekplek vir diegene wat moeg is vir die stad. Die sterrehemel saans en die vars Karoolug sal jou weer aanvuur en vernuwe.

Die Oudeklip- en Oudeskuur-eenheid het elk 'n slaapkamer en 'n TV met DStv. Die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en daar is ook en suite-badkamers wat elk 'n stort, toilet en wasbak het. Verder het elke slaapkamer 'n elektriese kombers en daar is ook haardroërs en plafonwaaiers.

Die kombuis in die Oudeklip-eenheid is volledig toegerus met alles wat gaste benodig. Die Oudeskuur-eenheid bied 'n kombuishoekie met gerieflike en basiese geriewe om kos warm te maak. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n gesellige leeshoekie. Die Oudeklip-eenheid het 'n lieflike kaggel en die Oudeskuur-eenheid spog met 'n lekker gas-verwarmer. Braaigeriewe is beskikbaar.

Die Oudepondok-eenheid het 'n slaapkamer, badkamer, leefarea, kombuis en 'n groot stoep. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n bad, elektriese kombers, haardroër, waaier en 'n gasverwarmer. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Hierdie eenheid bied gemaklike sitplek en 'n klein leeshoekie.

Gaste het toegang tot gratis WiFi en veilige onderdakparkeerplek word voorsien.

Die kampterrein is onder koeltebome geleë, met 'n groot plaasdam tot gaste se beskikking. Drie staanplekke en 'n ablusieblok met 'n wasbak, toilet en warmwaterstort is beskikbaar, sowel as opwasgeriewe en draagbare braaigeriewe. WiFi is ook beskikbaar vir kampeerders. Parkeerplek onder koeltebome is beskikbaar.

Aktiwiteite op die plaas sluit in ontspanning langs die plaasdam, 4x4-roetes, voëlkyk, stap- en bergfietsroetes en die verkenning van die Fraserburg-omgewing.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Plaas Helpmekaar, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Gaste dink Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Helpmekaar, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAv4VPZ0hzEMLH35s9KJSb8k2el5CFOhvRnaF4q6cHs53wqegXKE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400  per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 Helpmekaar Farm Fraserburg 6960 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -31.783569 21.706965
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!