De Kelders Akkommodasie by Ouma se C Huisie | LekkeSlaap
+28

Ouma se C Huisie

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 10, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ouma se C Huisie is 'n lieflike vakansiehuis in De Kelders en ideaal vir 'n klein gesin of 'n groep vriende. Die huis is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en genoeg kasspasie. Daar is ook 'n vrystaande kampkot vir 'n baba, asook 'n waentjie om op die strand te loop. Die huis deel 'n badkamer met 'n toilet, bad, wasbak en 'n stort en daar is 'n aparte gastetoilet.

Die kombuis is vir langer verblyf toegerus en het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, vierplaatstoof, oond, rooster, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware in.

Die sitkamer- en eetarea het genoeg sitplek en daar is 'n ingeboude braai-area. Daar is ook 'n TV met DStv.

Die huis het 'n buitelug onderdak braai-area met 'n groot werkspasie en 'n wasbak. Daar is ook hout, 'n rooster en 'n potjie.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek vir 1 voertuig in 'n motorhuis, asook 'n addisionele parkeerplek op die perseel. Die huis het 'n alarmstelsel en die motorhuis het 'n afstandbeheer.

Die agterplaas is ideaal vir diere en daar is 'n wasgoeddraad.

Die vensters het diefwering en die voor- en agterdeur het 'n sekuriteitshek.

Stanford's Bay is naby met 'n groot grasperk en genoeg spasie om te sonbaai. Honde word op die strand toegelaat. Gansbaai met al die nodige winkelgeriewe is 6 minute se ry.

Slaapplek

’n Bespreking by Ouma se C Huisie sluit in:

Dubbelbed Kinderbedjie
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbedjie
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Ouma se C Huisie
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Hoofweg 10, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ouma se C Huisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 10, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIm4yizfibEuMSnVuUhVbzmRqLaUX9OGL9wrBy9JrcL7fURyx8O?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 10 Hoofweg De Kelders 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -34.556521886532 19.368801631894
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za