Ouma se Opstal

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ouma se Opstal is aan die voet van die majestueuse Drakensberge geleë, in 'n Wêrelderfenisgebied. Die pragtige, geskiedkundige huis is in 1902 ontwerp en gebou en hierdie eeu-oue argitektuur word omring deur 'n asemrowende tuin wat die perfekte rus en vrede skep.

Daar is 4 ruim slaapkamers waarvan 1 en suite is en die ander 3 'n badkamer deel. Al die slaapkamers het toegang tot die stoep wat reg rondom die huis strek. Die gemaklike gesinskamer het 'n buitenste patio en braaigeriewe. Die eetkamer het sitplek vir 8 en lei na die moderne kombuis.

Gaste kan die vars berglug en vrede van hierdie werkende plaas geniet. Die groot koppie aan die agterkant van die huis staan ook bekend as Impimbo in Zoeloe of Arthur's Seat. Dit was die uitkykpunt van Dingaan se impi's en bied deesdae uitstekende voetslaanroetes vanwaar gaste Winterton en die omliggende omgewing kan besigtig. Die geskiedkundige slagveld, Spioenkop, is ook net 'n paar kilometer ver en ons stel voor dat gaste dit en die Spioenkop Wildreservaat besoek.

Die klassieke ou huis word omring deur 'n hele aantal doendinge in die Champagne-vallei, wat net 'n paar minute se ry van ons af is. Doendinge en besienswaardighede sluit in: die beroemde Drakensberg Seunskoor, Falcon Ridge, bergfietsroetes, avontuursentrums, riviervlotvaart en natuurlik, 2 manjifieke gholfbane, plaaslike kuns en kunsvlyt, restaurante en hotelle.

Kom besoek en ervaar!

Slaapplek

'n Bespreking by Ouma se Opstal sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ouma Se Opstal gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za