Ouma se Plaaskombuis en Gastekamers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ouma se Plaaskombuis en Gastekamers is op 'n kleinhoewe sowat 1 km van die dorpie Hennenman af.

Verblyf is in 3 eenhede beskikbaar: Die Hoenderhok het slaapplek vir 2, Die Ou Trekker het slaapplek vir 3 en Die Windpomp het slaapplek vir 4. Elke eenheid het 'n badkamer met 'n stort, en daar is dubbelbeddens of enkelbeddens. Beddegoed, verwarmers en waaiers word in die eenhede voorsien.

Elke eenheid het 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe, en sommige eenhede het 'n mikrogolf. Die eenhede het ook TV's met beperkte DStv. Gaste kan gerus hul eie dekodeerders en slimkaarte bring vir die volledige DStv-pakket. Ontbyt en aandete is op versoek teen ekstra koste beskikbaar.

Gaste kan op hul eenheid se onderdakstoep ontspan of by Ellie se Deli gaan eet. Die Deli bied 'n binnebraai, stofie, mikrogolf en yskas wat gaste kan gebruik. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar aan gaste wat vir langer periodes kom bly.

Ouma se Plaaskombuis en Gastekamers het 'n groot tuin waar kinders kan speel en daar is allerhande plaasdiere op die hoewe. Ons bied ook veilige parkeerplek. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Skoonheidskliniek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ouma Se Plaaskombuis En Gastekamers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za