LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Oystercatcher Beach House | LekkeSlaap
+21

Oystercatcher Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oystercatcher-keeromstraat 9, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Oystercatcher Beach House is stapafstand van Long Beach in Kommetjie af geleë en dit bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige, ligte en lugtige strandhuis met aandag aan detail. Die lieflike dubbelverdiepinghuis het 'n groot onthaaldek bo, sowel as 'n swembaddek onder, sodat gaste die meeste genot moontlik uit die lang en warm somerdae en -nagte kan put.

Die huis is 'n onthaler se droom, met 3 slaapkamers en 'n kothuis. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer bied ook uitsigte oor die swembaddek, swembad en die see. Dit het ook Franse deure wat lei na die swembad en dek. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, en die derde kamer is ingerig met 'n dubbelbed, 'n dubbelslaapbank, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 'n buitedeur wat lei na 'n klein geplaveide area en buitestort, en die derde kamer het Franse deure wat lei na die swembaddek. Die derde kamer beskik ook oor 'n TV met 'n PS3-speler.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en kan verhuur word saam met die huis. Die oopplan-kothuis het 'n dubbelbed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n klein leefarea, en kombuisie wat lei na 'n binnehof en swembad. Die oopplan-leefarea en -eetarea lei na 'n boonste dek wat see-uitsigte bied. Daar is 'n binne- en buite-eetarea met sitplek vir 8 gaste elk, sowel as oorgenoeg dekstoele en sonstoele buite. Die kombuis is goed toegerus met 'n skottelgoedwasser, mikrogolfoond, elektriese oond, koffiemasjien en yskas, asook 'n aparte opwaskamer. Gaste het toegang tot ingeboude braaigeriewe, parkeerplek van die straat af, en WiFi.

Die huis het 'n swembad waarlangs jy in 'n dekstoel kan ontspan, of mik na die boonste dek met 'n glasie wyn in die hand om die wonderlike sonsondergang gade te slaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Oystercatcher Beach House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Oystercatcher-keeromstraat 9, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oystercatcher-keeromstraat 9, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM5MGM4ZmI2LWJlNzEtNGI0Mi1iOTdjLTNiOGU0YTk5N2ZiYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 900  per nag (plek vir 6) 9 Oystercatcher Close Kommetjie 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.13167 18.33778
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!