LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Paardekloof Plaas | LekkeSlaap
+33

Paardekloof Plaas

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 14 resensies vir Paardekloof Plaas
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5
Stella B - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stella B
Gesin met klein kinders

Baie lekker.

Ons het baie lekke gebly. Alles was skoon en netjies. Als wat ons nodig gehad het was daar. Die plaas is stil en rustig met niks wat mens pla. My dogtertjie het al die diere baie geniet. Was ons tweede keer daar en sal weer daar bly.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Dankie Stella.

Wat 'n voorreg vir ons om julle te kon ontvang vir die 2de maal. Met die verbeterings wat ons beplan, hoop ons dat julle volgende keer nog lekkerder gaan kuier.

Karoo-Groete

Paardekloof Plaas
Werner D - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werner D
Gesin met klein kinders

Een woord: fantasties!

Alles wat jy nodig het, vriendelike ontvangs en baie lekker gebly.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Baie dankie Werner en gesin. Dit was 'n voorreg om julle te kon ontmoet en tyd met julle kinders te kon spandeer. Hoop ons kan julle gesin weer sien vorentoe. Mooi Jaar vir julle.

Karoo-Groete

Paardekloof Plaas
Paul G - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Paul G
Gesin met tieners

Die netjies versorgde tuin en huis, bied lafenis vir 'n moeë reisiger.

As die huis se mure kon praat, sou die stories uit vroeër generasies waarskynlik baie interessant gewees het. Die uitsig is pragtig, die druiweprieel uniek, en die tuisgemaakte konfyt, heerlik.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Dankie Paul en Susan dat julle die ' ou' huis wat baie stories kan vertel met sy goeie fondasies, kwaliteit vakmanskap en wat na al die jare nogsteeds so uitstekend behoue gebly het kom beleef het.

Daarom ook ons besluit om 3 maande terug te begin om die gebou met sy groot werf binne en buite te herstel, ou verwaarloosde hoenderhokke af te breek, te skoffel en te snoei dat die sweet jou oë brand en sommer alles mooi te maak met wat tot ons beskikking is in hierdie rampdroogte wat ons tans beleef.

Ons wil graag vir ons gaste 'n 'Plaasvakansie' bied net soos in die tyd toe families by Oupa en Ouma op die plaas gaan kuier het. Weg van alles wat die menslike brein so bombardeer met al die stad se lawaai, en die stress van die hedendaagse lewe.

Die stilte wat 'Plaas' bied met sy groot ruim huis waar plankvloere kraak al loop jy hoe sag, 'n groot grasperk waar kinders kan rondhardloop en van hulle energie ontslae raak, braai onder die sterre met al die naggeluide, veilige stap en fietsry en stop waar skaapooie met hulle lammertjies op groenlande wei, ontspan in die natuur en dan saam met ander plaasbotter en tuisgemaakte konfyt op 'n brood geniet - dis moeilik om 'n geldwaarde hieraan te koppel.

Dis vir ons belangrik om nie net 'n 'plek' te skep vir oornag nie, maar waar families weer kan saamgesels en kuier tot laataand en daar gesorg word vir baie herinneringe en 'stories' vir die nageslag.

Ons wil graag 'sorg' vir mooi ' memories' .
Baie dankie nogmaals
Karoo -Groete

Paardekloof Plaas
Henk V - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Henk V

Moes op die laaste oomblik vir heelparty mense plek kry.

Ons moes Uniondale toe vir 'n begrafnis. Hannelie en Johannes het uit hulle pad gegaan om ons tuis te laat voel. Die plaashuis laat 'n mens dadelik tuis voel met sy mooi pou en uitstekende uitsig op die berge en miljoene helder sterre. Hannelie se tuisgemaakte jam en botter is heerlik. Alles was net lekker.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Henk, dankie vir die mooi briefie.
Dankie vir julle waardering vir ons moeite en omgee ten spyte van die bad se uitloopwater wat julleself sommer uitsorteer het.
Dankie dat julle ons 'hart' vir mense raakgesien het.
Dit was lekker om julle klompie hier te kon hê en wat 'n mooi gebeurtenis dat 'n familie so kon saam kuier en gesels .Julle was 'lekker' aangename gaste.
Dankie dat ons julle kon huisves. As ons vir julle punte kon gee, sou ons vir julle 10/10 gee.
Hoop ons kan julle weer sien
Al ons beste wense vir 'n mooi jaar
Karoo groete

Paardekloof Plaas
Alba D - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alba D
Saam met vriende

Dit was awesome.

My man en sy vriend het daar oorgebly en hulle het dit terdeë geniet!

Paardekloof Plaas's terugvoer

Dankie Alba. Was vir ons lekker om hulle te kon ontmoet en te gesels. Ons kon lekker saam eet aan Hennie se roosterbrood.
Baie dankie en groete

Paardekloof Plaas
Dries V - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dries V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Friendly and service orientated personnel, clean facilities with lots of space. Extras like firewood, rusks for coffee time and more.

The farm offers peace and tranquillity with lots of opportunities to do mountain biking, hiking etc. All on the fringes of the Klein Karoo's Black mountain range. We enjoyed our stay very much.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Baie dankie Dries, vir die voorreg om julle te kon ontmoet. Dankie vir julle waardering en vriendelikheid vir dit wat die plaaslewe aanbied. Mag dit 'n aansporing wees vir ander wat net bietjie stilte en rus vir hulle siele soek. Dankie ook dat julle weer ons plekkie gekies het om te kom oornag vir volgende jaar se Meiringspoort maraton.
Vriendelike groete

Paardekloof Plaas
Dup D - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dup D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very pleasant, hospitality is outstanding!

Very nice experience! Wow!

Paardekloof Plaas's terugvoer

Hi Dup en Rosa. Wat 'n groot verrassing om julle te kon ontmoet en julle te kon ontvang in ons mooie Karoo. Dankie vir julle mooi woorde. Dit was vir ons 'n groot voorreg en plesier. Kom kuier weer.
Karoo -groete

Paardekloof Plaas
Thelma M - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thelma M

Netjies en vriendelike diens.

Uit hul pad uit gegaan om ons te akkomodeer. Sal definitief weer van akkommodasie gebruik maak, was baie tevrede.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Hi Thelma. Baie dankie vir jou mooi briefie. Dit was kort kennisgewing vir 9 mensies, maar is bly ons kon julle akkommodeer. Baie dankie vir julle vriendelike klompie en hoop ons kan julle weer sien vorentoe.

Baie seën vir julle
Karoo - groete

Paardekloof Plaas
Lindi B - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lindi B
Saam met vriende

Heerlike, netjiese verblyf in die Karoo met vriendelike gashere.

Ons het baie lekker gebly op die plaas! Die plek het heerlike koffie, tee, en plaasmelk in die yskas gehad! Ons is spyt ons was slegs een aand daar gewees!

Paardekloof Plaas's terugvoer

Aww Lindie dankie vir julle mooie resensie. Dit was lekker om julle vriendelike klompie te kon hê by ons. Die Karoo is so dankbaar om al die vriendelike en mooie mense te kan ontvang en beloon hulle graag met haar uniekheid wat so goed is vir die siel.
Maak weer so, mooi gaan met julle.
Karoo - groete

Paardekloof Plaas
Stella B - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stella B

Baie rustig en mooi natuurskoon.

Ons het baie lekke gebly. Die uitsigte is regtig iets besonders en dit is baie rustig. Die mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Die verblyf is baie skoon en netjies met als wat mens nodig het.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Baie dankie Stella. Dankie vir die mooi woorde en gradering. Dit was 'n voorreg om jou familie te kon ontvang. Ek is bly hulle kon ons rustige mooi Karoo -natuurskoon en skape geniet. Kom kuier weer vir ons as julle in ons area is.
Karoo - groetnis

Paardekloof Plaas
Dick V - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dick V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lieflike oornag op die plaas.

Die beste oornagstop wat ons nog gehad het bop hierdie lieflike plaas in die Karoo. Die stilte, vars lug en aangename gasvryheid van die beste.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Dick en Magda

Baie dankie vir die mooi woorde. Dankie vir die voorreg om julle te kon ontmoet en om 'n bietjie van die mooie Karoo met julle te kon deel.

Hoop ons kan julle weer vorentoe sien. Julle is baie welkom.

Karoo groete

Paardekloof Plaas
Jaco G - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco G
Saam met vriende

Fantasties.

Die hele ervaring was absoluut fantasties gewees. Die eienaars gaan uit hul pad uit om jou tuis te laat voel. En doen baie moeite. Sal dit sterk aanbeveel.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Baie dankie vir die mooi woorde, Jaco. Dit was alles 'n voorreg en 'n plesier. Dit maak ons bly as ons gaste dit geniet en tuis voel.

Julle moet weer so maak.

Karoo-groete,
Paardekloof Plaas

Paardekloof Plaas
Elsabe H - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsabe H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflik lekker, vriendelike gasvrou, Karooliefde op sy beste.

Paardekloof is hoogs aanbevole selfs vir 'n oorbly van 'n hele paar dae, gasvrye ontvangs, heerlik rustig, daar is alles wat jy nodig het en nog meer. Baie netjies, die beste.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Elsabe
Ons het nie woorde nie, wat 'n voorreg om julle te kon ontvang. Dankie dat julle ons lewens so kom verryk het. As ons sterre vir julle moes gee, sou julle 10 uit 10 gekry het. Julle het ons plek skoner en netjieser gelos as wat julle dit gekry het. Dankie dat ons julle kon groet as vriende.
Ons is geseënd.
Sien uit om julle weer te kan sien.
Karoo groete

Paardekloof Plaas
Anel V - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anel V
Saam met vriende

Rustig en natuurskoon is ongelooflik.

Vodacom toring is op plaas, so ek sal aanbeveel om simkaart te vat vir beter sein. MTN is baie swak! Noem ook dat die plaas 60 km van Willowmore geleë is. Het daar gebly vir die God's Karoo women konferensie. Ons het heerlik gebly.

Paardekloof Plaas's terugvoer

Baie dankie Anel, dankie dat jul Paardekloof Plaas gekies het vir julle verblyf al was dit 'n entjie se ry van Willowmore. Dit was vir ons 'n voorreg om julle as gaste te ontvang. Ons sal julle graag volgende jaar weer wil sien, dan kan julle al julle vriende saambring vir 'n lekker kuier en ontspan op die huis se stoep.

Paardekloof Plaas
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekloof Plaas, Langs die R341, Barandas, 6460, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb59324d8c35fe631fd9f2fc420a8a14fe0c9fc596cfcfc8431533b4b0aa4c32dceab5df9e747e159deab0c66f9cc5622fb95?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 Farm Paardekloof Off the R341 6460 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.47147327874 23.044229545995
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!