Langebaan Akkommodasie by Paradise Beach Apartments 4 Elara | LekkeSlaap
+29

Paradise Beach Apartments 4 Elara

1 resensie
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Jul 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elarastraat 4, Paradise Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 R840 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Paradise Beach Apartments 4 Elara is op 'n privaat landgoed, 1,5 km vanaf Club Mykonos in Langebaan. Die woonstelle is smaakvol gemeubileer en van die woonstelle bied 'n see-uitsig. Die area is baie rustig en gaste kan wakker word met die geluide van golwe en voëls. Dié ligging is ideaal vir voetslaners en voëlliefhebbers.

Verblyf word gebied in 2 selfsorgwoonstelle, Cormorant en Sand Piper in 1 huis, wat as 'n geheel of apart kan bespreek word. Cormorant is 'n knus gesinswoonstel vir 6 gaste. Dit het nie 'n see-uitsig nie. Sand Piper is 'n romantiese wittebroodwoonstel met 'n see-uitisg en bied verblyf aan 2 gaste. Dit het ook 'n jacuzzi-bad. Elke woonstel het braaigeriewe, 'n leefarea, ten volle toegeruste kombuis, sekere DStv-kanale en gratis WiFi. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Strandhanddoeke is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Beddegoed en handdoeke word vervang en die woonstel word een keer per week skoongemaak. Daar is privaat parkeerplek en 'n toesluit-motorhuis op die perseel beskikbaar.

Gaste kan Club Mykonos, 'n dorpie met 'n Griekse styl. Doendinge sluit slotmasjiene, restaurante, kroeë, bootvaart, seiljag en watersport in. Langebaan is ideaal vir seilplankry en vlieërbranderry. Gaste kan ook die Weskus Nasionale Park besoek wat 28,8 km vanaf Langebaan is.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Paradise Beach Apartments 4 Elara
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Elarastraat 4, Paradise Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paradise Beach Apartments 4 Elara het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 200
Vanaf R840
per nag (plek vir 2)
was R1 200
Vanaf R840
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elarastraat 4, Paradise Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a07ebd9b4d905172b52efa2515da867acfafe9b18e38dec48e43f9c345aaa3bd2ebd2afe9c9e0549521aa81f86f0c9c0968?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 200, nou Vanaf R840  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 4 Elara Street Paradise Beach 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.03926 18.03976925582
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za