Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paradise Private

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 10 Des 2024 tot 9 Jan 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Loeriestraat 13, Paradise, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Paradise Private bied verblyf in 4 gedeeltelike selfsorg-ateljees, met 'n unieke karakter in die rustige Paradise buurt van Knysna. Hier kan gaste die pragtige uitsig oor die Knysna-strandmeer en die bekende Knysna Koppe vanaf van die ateljees geniet en die derde studio het ook 'n uitsig oor die Zen-tuin. Die verblyf is ideaal vir 'n romantiese wegbreek of 'n wittebrood.

Ervaar bio-geïnspireerde hout-eko-argitektuur met organiese en inheemse plantbedekte dakke. Die ontwerp van die eenhede skep 'n warm gesellige atmosfeer van welwees waarin gaste heerlik kan ontspan. Die eenhede word bereik via 'n houtpaadjie wat jou na jou privaat ingang lei. Twee van die ateljees, naamlik Nature-Zen en Tidal-Zen het elk 'n privaat onderdakdek vanwaar gaste kan terugsit, ontspan en die uitsig geniet. Die derde ateljee, naamlik Stone-Zen het 'n onderdak-veranda met 'n uitsig oor 'n klip zen-tuin.

Elke ateljee beskik oor 'n slaapkamer, badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n gedeeltelike selfsorgkombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Elke ateljee het 'n TV met volledige DStv en 'n aantrekkamer met 'n haardroër en badjaponne.

Paradise Private bied parkeerplek en onbeperkte gratis WiFi, sowel as linne, badhanddoeke en strandhanddoeke. Met aankoms ontvang gaste wat in Tidal-Zen en Nature-Zen bly komplimentêre ontbytprodukte vir hulle eerste oggend. Dit sluit jogurt, muesli, beskuit, vrugtesap, water, tee en koffie in. Komplimentêre sjokolade, sjerrie en 'n bottel wyn word ook voorsien.

Studio Stone-Zen ontvang gratis sjokolade, 'n bottel wyn, sjerrie, water, koffie, tee en beskuit.

Gaste is welkom om gebruik te maak van die privaat boma en braaigeirewe, en gratis braaihout word voorsien. Pragtige Knysnaloeries kom maak af en toe 'n draai by ons, so gaste mag dalk dié pragtige voëls sien. Ons kry ook sporadiese besoeke van klein apies. Paradise Private is die ideale basis vanwaar die Tuinroete verken kan word.

Knysna is omring deur 'n paradys met inheemse woude, berge, damme en skilderagtige strande. Knysna bied verskeie doendinge en uitstekende restaurante, sowel as die Knysna-strandmeer en die Knysna Waterfront.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 33 resensies vir Paradise Private
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Loeriestraat 13, Paradise, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paradise Private het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Loeriestraat 13, Paradise, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbfe94d66e280e8c4173baa6d64f44021029b8520a1962617a0947db152068fd01b9de57a318b3243ae761f6319a5e3da83ea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 33 5 1 5 13 Loerie Street Paradise 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 11:00 -34.032852214756 23.033406883478