- Slaapplek vir 11 gaste
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - 13 Loerie Street, Paradise, Knysna, 6570, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Paradise Private bied verblyf in 4 gedeeltelike selfsorg-ateljees, met 'n unieke karakter in die rustige Paradise buurt van Knysna. Hier kan gaste die pragtige uitsig oor die Knysna-strandmeer en die bekende Knysna Koppe vanaf van die ateljees geniet en die derde studio het ook 'n uitsig oor die Zen-tuin. Die verblyf is ideaal vir 'n romantiese wegbreek of 'n wittebrood.
Ervaar bio-geïnspireerde hout-eko-argitektuur met organiese en inheemse plantbedekte dakke. Die ontwerp van die eenhede skep 'n warm gesellige atmosfeer van welwees waarin gaste heerlik kan ontspan. Die eenhede word bereik via 'n houtpaadjie wat jou na jou privaat ingang lei. Twee van die ateljees, naamlik Nature-Zen en Tidal-Zen het elk 'n privaat onderdakdek vanwaar gaste kan terugsit, ontspan en die uitsig geniet. Die derde ateljee, naamlik Stone-Zen het 'n onderdak-veranda met 'n uitsig oor 'n klip zen-tuin.
Elke ateljee beskik oor 'n slaapkamer, badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n gedeeltelike selfsorgkombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Elke ateljee het 'n TV met volledige DStv en 'n aantrekkamer met 'n haardroër en badjaponne.
Paradise Private bied parkeerplek en onbeperkte gratis WiFi, sowel as linne, badhanddoeke en strandhanddoeke. Met aankoms ontvang gaste wat in Tidal-Zen en Nature-Zen bly komplimentêre ontbytprodukte vir hulle eerste oggend. Dit sluit jogurt, muesli, beskuit, vrugtesap, water, tee en koffie in. Komplimentêre sjokolade, sjerrie en 'n bottel wyn word ook voorsien.
Studio Stone-Zen ontvang gratis sjokolade, 'n bottel wyn, sjerrie, water, koffie, tee en beskuit.
Gaste is welkom om gebruik te maak van die privaat boma en braaigeirewe, en gratis braaihout word voorsien. Pragtige Knysnaloeries kom maak af en toe 'n draai by ons, so gaste mag dalk dié pragtige voëls sien. Ons kry ook sporadiese besoeke van klein apies. Paradise Private is die ideale basis vanwaar die Tuinroete verken kan word.
Knysna is omring deur 'n paradys met inheemse woude, berge, damme en skilderagtige strande. Knysna bied verskeie doendinge en uitstekende restaurante, sowel as die Knysna-strandmeer en die Knysna Waterfront.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Francois & Ellie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 13 Loerie Street, Paradise, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink Paradise Private het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
13 Loerie Street, Paradise, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 11 gaste
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang