Patmos Guest House
Beskrywing
Patmos Guest House is 'n dubbelverdieping-blyplek in Marina Da Gama in Kaapstad. Dié gastehuis is ideaal geleë, net 'n paar minute se ry van Surfer's Corner-strand in Muizenberg se winkels en restaurante af.
Verblyf word aangebied in 3 slaapkamers wat apart of saam bespreek kan word vir 'n groep van 6 persone. Dié kamers is ingerig met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en bied toegang tot 'n aparte badkamer of 'n en suite-badkamer.
Die kamers is op die boonste verdieping geleë en elkeen lei na 'n groot balkon met uitsigte oor die Zandvlei-riviermonding. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis wat ten volle toegerus is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, 2 oonde en genoeg ingeboude kaste met basiese eetgerei en ander toebehore.
Die groot oopplan-eetarea het 2 tafels en sitplek vir 10. Daar is gemaklike stoele in die sitarea, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel vir die wintermaande.
Gratis WiFi is op die perseel beskikbaar. Daar is stoepmeubels op die ruim voorstoep. Die groot tuin is mooi in stand gehou en braaigeriewe is beskikbaar. Daar is ook 'n groot goudvisdam en 'n fontein.
Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is beskikbaar in 'n gemotoriseerde dubbelmotorhuis. Daar is nog 2 veilige parkeerplekke voor die motorhuis.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Patmos Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |