Peace Valley Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Peace Valley Guesthouse is op 'n enorme landgoed in die hartjie van Napier in die Wes-Kaap geleë. Die 4-ster-gastehuis bied superieure B&B-verblyf asook selfsorgverblyf vir diegene wat graag 'n doen-dit-self-naweek verlang.

Die 2 groot damme reg voor die hoofhuis is 'n gunsteling kuierplek van verskeie watervoëls wat jou vir ure aaneen sal vermaak met hul eindelose kaskenades. Ganse, ibisse en 'n paar hadedas is gereelde besoekers en daar is selfs al 'n otter hier gesien. 'n Tarentaalfamilie drentel gereeld deur die tuin wat hul nou al as hul tuiste ag en gaste sal sien hoe ons twee inwonende labradors, Lex en Chelsea, 'n daaglikse swemsessie geniet. Die twee honde is baie vriendelik en sal doodgelukkig vir ure lank saam met jou balspeel.

Peace Valley Guesthouse fokus op ontspanning, stresverligting en die ontsnap van die gedruis van die alledaagse stadslewe. Ons voorsien 'n kalm toevlugsoord waar gaste 'n terapeutiese welweesnaweek kan geniet met masserings, gesigbehandelings en refleksologie. Hierdie dienste moet asseblief voor die tyd bespreek word.

Ons bedien 'n heilsame en gesonde ontbyt met krakerige muesli en gesondheidsontbytgraan, jogurt, seisoenale vrugte, vars vrugtesap, vars plaasbrood, kaas en konfyt en smullekker croissants.

Die gastehuis is in die hartjie van Napier geleë in die Overberg in die Wes-Kaap. Napier is 'n klein dorpie met 'n unieke en ongekunstelde bekoorlikheid wat vele besoekers van heinde en ver lok met al die besienswaardighede wat die Overberg het om te bied.

Die gastehuis is na aan 'n hele paar oulike restaurantjies, kroeë en interessante winkels en museums. Daar is selfs fietsry- en voetslaanroetes in die omgewing beskikbaar vir energieke gaste.

Peace Valley is nie te ver van die strande van Arniston en Struisbaai af nie en 'n kort motorrit sal jou daar bring asook tot by Kaap Agulhas, die suidelikste punt van Afrika. Hermanus, Gansbaai en Stanford is ook min of meer dieselfde afstand van ons af. De Hoop, Die Mond en Kaap Agulhas Nasionale Park is bestemmings wat definitief die moeite werd is om te besoek.

Peace Valley Guesthouse is die ideale oornagplek vir enige besoeker op die Tuinroete en dis ongeveer 2 ure van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Om die Overberg te ervaar is om weer die lekker van die lewe te ontsluit.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Peace Valley Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za