Pearly Beach Get-A-Way

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pearly Beach Get-A-Way is 'n gerieflike, luukse drieslaapkamerhuis wat binne loopafstand van die strand af is. Met sy lang, uitgestrekte strande is Pearly Beach die ideale bestemming vir gesinne met jong kinders.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer word deur 2 slaapkamers gedeel en het 'n bad, stort en toilet. Die oopplan-leefarea is is gerieflik gemeubileer met 'n TV-stel, DVD-speler en videomasjien. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n binnenshuise braai-area met 'n ruim agterplaas vir kinders en troeteldiere.

Gansbaai is bekend vir haaihokduik. Die suidelike noordkapperwalvis besoek tussen Julie en Desember die kus om te kalf en sal besoekers ure lank vermaak. Die dorpie is ook deel van die wêreldbekende Kogelberg Biosfeerreservaat met sy groot verskeidenheid unieke fynbosspesies. Die omgewing is ook gewild onder hengelaars en is die ideale plek vir stappers en fietsryers.

Slaapplek

'n Bespreking by Pearly Beach Get-A-Way sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Vermaak

  •  DVD
  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pearly Beach Get-A-Way gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za