Peta Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Peta Place is 'n gaste-suite op die eienaar se perseel in Lyndhurst, Johannesburg. Die perseel het die ideale ligging naby skole en ander geriewe in die omgewing.

Hierdie gaste-suite het 'n privaat ingang en het 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die kamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is 'n kombuisie met basiese verhit-en-eetgeriewe en maaltye kan teen 'n addisionele koste gereël word.

Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale in die suite. Gaste het toegang tot braaigeriewe op die perseel. Die gasheer kan lughawependeldienste en wasgoeddienste ook reël.

Peta Place is naby 'n klein winkelsentrum, 5 km vanaf Eden Meadows en Greenstone Winkelsentrum, 6,5 km vanaf Royal Johannesburg- en Kensington-gholfklub en ander besienswaardighede is binne 10 km se ry daarvandaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Peta Place sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Peta Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R460 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false