Stanford Akkommodasie by Phillipskop Mountain Reserve | LekkeSlaap
+50

Phillipskop Mountain Reserve

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Phillipskop Mountain Reserve, Langs die R326, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Phillipskop Mountain Reserve is teen die suidelike hange van die Kleinrivierberge geleë. Dié reservaat is 246 hektaar groot en net 30 minute se ry vanaf Hermanus en 10 minute van Standford af. Die uitsigte oor die Overberg tot by Gansbaai en Akkedisberg is absoluut asemrowend.

Verblyf word gebied in 2 selfsorgkothuise met lieflike 360º-uitsigte.

Die ruim kothuise is soos chalets ingerig. Elke kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n suite-badkamer en die ander twee slaapkamers deel 'n badkamer.

Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n groot yskas-vrieskas, gasstoof, en 'n mikrogolfoond. Die helder, gerieflike leefarea het 'n stoof wat met hout gestook word in die winter. Die houtdek aan die voorkant bied luisterryke uitsigte oor die Overberg en aan die agterkant van elke kothuis is daar 'n braai-area met 'n uitsig op Phillipskop. Die kothuise word omring deur pragtige natuurlike plantegroei en gaste kan gerus die reservaat verken.

Phillipskop Bergreservaat het heelwat staproetes en die enigste rotskuns aan die Walviskus is daar te vinde. Doen gerus navraag oor begeleide staptogte.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 7 resensies vir Phillipskop Mountain Reserve
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Phillipskop Mountain Reserve, Langs die R326, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Gaste dink Phillipskop Mountain Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Phillipskop Mountain Reserve, Langs die R326, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyZmZhM2IzLTQ5NDEtNDA5Ni1hZGQ3LTMyOTg2OTUxYmI3NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 Phillipskop Mountain Reserve Off R326 7210 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -34.408806 19.524935
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za