Picardie Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Picardie Guest Farm is onder die Taalmonument geleë, teen die voet van die Paarlberg en bied gerieflike verblyf op ’n gesinsplaas, slegs 2 km vanaf die middedorp.

Verblyf word in 10 gastekamers en 5 selfsorgkothuise aangebied. Die executive-kamers is ruim en ideaal vir kort verbyftydperke. Die Lakeside gesin- en enkelkamers is ideaal vir groot groepe wat op soek is na privaatheid. Die selfsorgkothuis is ideaal vir gesinne op kort vakansies of langnaweek-wegbreke.

Die gasteplaas bied die Stoorsaal wat hoofsaaklik vir troues gebruik word, maar dit kan ook vir partytjies, vieringe en samesyn gebruik word. Die jetty lei na die dam, wat ’n romantiese ligging vir troues bied. The Bos bied ’n magiese ligging vir paartjies wat ’n eenvoudige seremonie tussen granietrotse en olyfbome wil hê. Die Piggery Dek en Stoep is ideaal vir piekniektroues.

21ste Verjaarsdagpartytjies, skemerkelkie-partytjies en ander vieringe kan op die Lakeside-dek gehou word. Daar is 'n konferensiekamer en die Pakstoor Dek bied ontbyt, middagete, tee en koffie. Die kelder is ’n knus venue vir kleiner vieringe of ’n privaat troue.

Die plaas voer tafel- en wyndruiwe, asook olywe uit. Die boer, Louis Louw, maak sy eie wyn en gepreserveerde olywe. Die wyn is beskikbaar op die mark en gaste dit ook by die plaaslike plaasstalletjie koop.

Kenmerke

  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Picardie Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za