Piccolo Villa
Opsomming van Resensie
Francois S - Mrt 2020
Gemiddeld
'n Ware paradys.
Piccolo Villa's terugvoer
Baie dankie Francois, jou kuier was 'n ware plesier, tot volgende keer. Groete Marelize en Sumanda
Andre K - Okt 2019
Gemiddeld
Ongelooflik met die see onder jou voete.
Piccolo Villa's terugvoer
Hi Andre julle kuier by ons was vreeslik lekker, was lekker om dit met julle te deel.
Sien julle een van die dae.
Groete,
Marelize en Sumanda
Manlie W - Jun 2019
Gemiddeld
Mooiste huisie in die Weskus.
Piccolo Villa's terugvoer
Hi Manlie,
Dis so lekker om ons stukkie paradys te deel, ons wag vir julle. Tot ons weer ontmoet, op die strand.
Sumanda en Marelize.
Estelle V - Nov 2018
Gemiddeld
As jy nog nader aan die see wil bly, koop vir jou 'n boot.
Piccolo Villa's terugvoer
Estelle,
Baie dankie vir jou mooi woorde! Ons is altyd bly om ons stukkie paradys te deel. Kom kuier weer vir ons.
Weskus Groete,
Sumanda en Adele
Adri C - Sep 2018
Gemiddeld
Asemrowend mooi!
Piccolo Villa's terugvoer
Hi Adri
Baie dankie vir die mooi woorde. Ons is bly jy het weer vir ons kom kuier in die paradys, tot wwersiens.
Weskus-groete
Sumanda
Louise D - Aug 2018
Gemiddeld
Gerieflik, mooi en lieflike uitsig.
Piccolo Villa's terugvoer
Beste Louise,
Baie dankie vir die mooi resensie! Kom kuier gerus weer.
Weskus-groete,
Sumanda Rabe
Nicole F - Mrt 2018
Gemiddeld
Dit was perfek! Net wat mens nodig het!
Piccolo Villa's terugvoer
Beste Nicole,
So bly julle het ons stukkie paradys geniet! Piccolo het ook nou 'n binnebraai in die lapa.
Hoop om julle gou weer te sien!
Weskus-groete,
Sumanda Rabe
Anel V - Des 2017
Gemiddeld
Dit was lekker, maar daar was klein krapperighede wat ongelukkig die waarde van die geld wat spandeer is, geïmpakteer het.
Lees meerPiccolo Villa's terugvoer
Liewe Anel,
Baie dankie vir jou terugvoer.
Soos reeds per SMS aan jou genoem terwyl julle by Piccolo was, vra ek weereens om verskoning dat die kastrolle nie ordentlik skoon was nie. Ek gaan nie elke keer deur elke item in die kombuis kaste nie maar kyk wel of alles skoon en reg lyk in die kaste. Ek het dit, sowel as die baba stoeltjie aan die skoonmakers genoem en sal in die vervolg seker maak dat alles reg is.
Ek het wel telefonies met jou bevestig dat alle skoonmaakmiddels verskaf word en het dit nagegaan voor julle aankoms. Daar was waspoeier in die lapa kas waar die moppe, besems ens gestoor word.
Die sms oor julle uitboektyd was geensins bedoel om julle ongemaklik/onwelkom te laat voel nie. Ons vind dat met kort besprekings (twee of drie nagte soos in julle geval) dit beter is om voor die tyd te bevestig sodat dit nie 'n op die nippertjie probleem veroorsaak nie en juis sodat ek kan seker maak ek is beskikbaar om gaste persoonlik uit te boek. Jy het ook self julle vertrektyd die oggend na later geskuif omdat jou dogtertjie nog geslaap het en toe weer vervroeg.
Wat die babastoeltjie aanbetref, die sitplek gedeelte van die materiaal omhulsel is met skroefies aan die raamwerk onder vas, dus nie 'n veiligheidsrisko nie maar ons sal daarna kyk.
Die yskas is al redelik bejaard, alhoewel in goeie werkende toestand, maar dankie vir die konstruktiewe kritiek. Ons sal aandag hieraan gee sowel as aan die soof en oondjie.
Ons hoop nietemin dat julle die tydjie by Piccolo geniet het, veral die ligging reg op die strand.
Warm weskus goete,
Laetitia
Anel M - Okt 2017
Gemiddeld
Paradys!
Piccolo Villa's terugvoer
Baie dankie Anel. Nou weet jy hoekom ons dit ons stukkie paradys aan die weskus noem :@)
Julle is enige tyd weer welkom.
Laetitia
Hein A - Sep 2017
Gemiddeld
Wonderlik en asemrowend en beste plek ooit.
Piccolo Villa's terugvoer
Baie dankie!
So bly julle het dit geniet en dankie dat julle Piccolo Villa so skoon en netjies gelaat het.
Julle is enige tyd weer by ons stukkie paradys welkom.
Groete
Ronald K - Mrt 2016
Gemiddeld
Heaven on earth.
Piccolo Villa's terugvoer
Hi,
Thank you so much for the beautiful review! It's small things like this that makes it wonderful to share our paradise with everyone! Hope to see you soon?
Sumanda Rabe and Elika Truter
Bernadette K - Okt 2015
Gemiddeld
Dit was fantasties om so naby die see te kon bly - jy kan sommer van jou voorstoep af visvang as jy wou.
Helena B - Sep 2015
Gemiddeld
Heerlik verby!
Glenda B - Okt 2014
Gemiddeld
Paradise found!
Lees meerJuanita K - Jan 2014
Gemiddeld
Lekke!
Annette M - Des 2013
Gemiddeld
Hemel op aarde!
Madaleine E - Okt 2013
Gemiddeld
Wonderlike, rustige en lekker kuier vir die gesin!
Ingrid B - Aug 2013
Gemiddeld
Modern, skoon en luuks.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boventrekstraat 1, Stompneusbaai, 7390, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom