Kaap St. Francis Akkommodasie by Port Island 3 | LekkeSlaap
+18

Port Island 3

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leighton Hullett-rylaan, Port Residential Village, Port St Francis, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Port Island 3 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige drieslaapkamerhuis in die Port Residential Village in Port St Francis. Dié huis is op die punt van Port St Francis en bied 'n lieflike uitsig oor die see en hawe. Die huis het 'n randvloerswembad met 'n uitsig oor die see.

Die huis het 3 slaapkamers en 3 badkamers, elk op 1 van die 3 verdiepings. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die huis bestaan uit 'n oopplan-kroeg, -leefarea en -eetarea wat na die dek met die swembad lei. Let asb. daarop dat die swembad nie omhein is nie.

Die oopplan-leefarea het 'n kaggel vir koue wintersaande en die oopplan-kombuis het 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Die huis het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Gaste het toegang tot privaat kelderparkeerplek met direkte toegang tot die perseel. Die hawe is die tuiste van plaaslike calamari-vissers en vaartuie. Port Island 3 is 5,5 km vanaf St Francisbaai met 'n kanaal, gholfbane, winkels en restaurante.

Slaapplek

’n Bespreking by Port Island 3 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart

Ligging

  • Leighton Hullett-rylaan, Port Residential Village, Port St Francis, 6312, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leighton Hullett-rylaan, Port Residential Village, Port St Francis, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANYuSkJVHRsp9kjnS5z97iZc292uqeiZNY83tEG2UEOMGRNS3ln?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 6) Leighton Hullett Drive Port Residential Village 6312 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.183473289788 24.851846783289
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za