Port Owen Vakansiehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Port Owen Vakansiehuis bied verblyf in 'n vakansiehuis by Port Owen se marina. Die eenheid het maklike toegang tot die waterkanale van die marina en spog met 'n lieflike uitsig oor die marina.

Dié huis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers wat elk 'n uitsig oor die rivier bied. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort in die kamer. Die vierde en vyfde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en etenstafel toegerus. Die leefarea het 'n TV met DStv en lei na 'n stoep met 'n paadjie na die rivier. Die huis het 'n swembad en 'n privaat jetty waar gaste hulle bote ter water kan laat om die Bergrivier te ontdek.

Doendinge sluit riviervaarte, voëlkyk, roei op die kanale, swem by die strande en seiljagvaarte in.

Slaapplek

'n Bespreking by Port Owen Vakansiehuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Port Owen Vakansiehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za