Pull Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Pull Inn is 'n gemaklike huis wat na die see gerig is, dus is dit die perfekte plek om te ontspan. Dit is in die dorpie, Kidd's Beach, 20 km van Oos-Londen Lughawe op die R72 geleë. Die huis is net 20 m van waar die branders op die rotse breek. Geniet 'n fantastiese vakansie met die familie en die kinders en drink 'n skemerkelkie terwyl jy kyk hoe die dolfyne verby swem.

Die huis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers met 2 storte, 2 toilette en 'n bad. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Daar is ook 'n slaapsaal met sy eie badkamer. Dié kamer bied slaapplek aan 6 gaste, verkieslik kinders, op 3 stapelbeddens.

Die kombuis, sitarea en eetarea is oopplan en wys na die see se kant toe. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n gasstoof, 'n elektriese oond en 'n mikrogolfoond in. Die leefarea het pragtige glas stapeldeure wat kan terugslaan sodat die hele huis kan oopmaak om die see-uitsig in te laat.

Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar vir 3 voertuie. Die dienste van 'n skoonmaker kan versoek word teen 'n daaglikse tarief.

Die Pull Inn is 'n lieflike plek om vakansie te hou - veral vir mense met kinders, aangesien daar 2 getypoele, 'n strandmeer en 'n strand net 200 m van die huis af geleë is.

Slaapplek

'n Bespreking by Pull Inn sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 6 persone
3 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Elektriese Toebehore

  •  Mikrogolfoond
  •  Oond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pull Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 250 per nag (vir 17 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za