Rejuvenate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rejuvenate is 'n B&B en 'n spa in die voorstad, Panorama, in Kaapstad geleë. Die smaakvol versierde gastehuis bied verblyf net in die pad af van Panorama Hospitaal en ander mediese praktyke. Die gastehuis is naby verskeie winkelsentrums, restaurante en koffiewinkels geleë.

Daar is verblyf in 3 gastekamers met satelliet-TV, naamlik Shalom, Rapha en Liron. Shalom het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Rapha en Liron het elkeen 'n enkelbed en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Gaste is welkom om die gemeenskaplike kombuis met 'n yskas, stoof, oond, eetgerei, breekware en 'n mikrogolfoond te benut. Die gastehuis het ook 'n gemeenskaplike binnebraai en 'n sitkamer met 'n TV met 23 kanale en 'n kaggel. Daar is ook lugversorging en gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste kan hulself bederf met 'n heerlike pamperlangsessie by die Rejuvenate Spa wat ook op die perseel is. Oorgenoeg parkeerplek is beskikbaar vir gaste en daar is 'n alarmstelsel en sekuriteitshek vir ekstra veiligheid.

Gaste kan verskeie besienswaardighede in die omgewing geniet soos Tygervallei winkelsentrum, N1 City, Canal Walk winkelsentrum, strande, wynplase, gholfbane, kerke en gimnasiums. Kaapstad Internasionale Lughawe is 25 minute se ry vanaf die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rejuvenate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]