Robins Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Robins Rest bied verblyf op die eienaar se perseel in Somerset-Wes, 'n bekoorlike dorp wat deur majestueuse berge en wingerd omring word. Dit bied ook pragtige uitsigte oor die see en strande. Dis in die Helderberg-omgewing en is 'n paradys vir diegene wat van die natuur, wyn, heerlike maaltye en opwindende doendinge hou.

Die eenheid het 'n aparte ingang en beskik oor 'n slaapkamer op die boonste verdieping en 'n badkamer, kombuisie en leefarea onder. Die slaapkamer word via trappe bereik en het 'n koningingrootte-bed, rusbank, spieëlkas en toegang tot 'n balkon. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en ingeboude braai toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike rusbank, etenstafel en 'n TV. Die eenheid bied toegang tot 'n boomryke tuin met 'n gedeelde swembad en buitebraai-area.

Gaste kan die Helderberg-wynroete volg en keldertoere en wynproesessies geniet, by die verskeie restaurante gaan eet of buitelugdoendinge soos voetslaan, fietsry, duik, verfbal, gholf of waterski geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Robins Rest sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Robins Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false