LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Rose Cottages | LekkeSlaap
+47

Rose Cottages

Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Verdunweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Rose Cottages bied gerieflike verblyf in 3 selfsorg-kothuise met 'n uitsig oor die omliggende wingerde en asemrowende bergreekse en is op die plaas Verdun in Franschhoek geleë.

Elkeen van ons kothuise het 'n patio waar gaste kan terugsit en ontspan en die omgewing indrink. Elkeen het ook 'n braai-area, groot grasperke en 'n privaat swembad. Die kothuise het elk 'n volledig toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas, ander toebehore en ons voorsien linne en tot swemhanddoeke. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale en haardroërs in elk. Al 3 eenhede het 'n kaggel vir koue wintersaande en 'n eetarea, leefarea en gemaklike sitplek.

Franschhoek is bekend as Suid-Afrika se fynproewers-hoofstad met verskeie bekroonde restaurante in die dorpie. Een van die dinge om definitief nié mis te loop nie is 'n wynproe in die vallei! Daar is verskeie bekende wynlandgoedere in die omgewing en meeste van hulle is oop vir die publiek vir wynproe. Jy kan dit self as deel van 'n saalsafari aanpak! Die dorpie bied verskeie kunsgalerye met wêreldberoemde kunstenaars wat hiér hul werk uitstal.

Daar is ook staproetes in die berge, bergfietse te huur of perdryritte vir meer aktiewe gaste beskikbaar. Stellenbosch en die Paarl is albei net 'n halfuur se motorrit ver of neem die skilderagtige roete oor die Franschhoekpas na Hermanus waar jy kan walviskyk in die wintermaande. Daar is ook 'n uitstekende gholfbaan vir entoesiaste.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Rose Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Verdunweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rose Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Verdunweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJkYmNiZThkLWQwMDEtNDk1OC1iMzAyLWQ0OWE3MDg3MmU1NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900  per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 Verdun Road Franschhoek 7690 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.925695700652 19.127680818455
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem