- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, Caledon, 7230, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R2 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Rouxwil Country House skuil op 'n koring- en skaapplaas 23 km buite Caledon in die Overberg. Die B&B-verblyf is die ideale basis vanwaar gaste die pragtige Overberg-streek kan verken met Hermanus, Franschhoek, Greyton en Caledon wat almal vinne 56 km-radius vanaf die gastehuis is.
Dié gastehuis beskik oor 5 luukse suites, ‘n gesinsuite en ‘n standaardkamer. Die luukse tuinkamers het pragtige uitsigte oor die platteland, op die berg en oor die tuin met broodbome, rose, laventel, wildsbokke en Bloukransvoëls.
Elke eenheid het ‘n privaat badkamer en sommige eenhede het buitestorte. Elke eenheid het ‘n eerlikheidskroeg, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, katoen-japonne, pantoffels, haardroërs en tuisgebakte koekies en -beskuit.
Die plaashuis spog met 'n egte plaaskombuis, 'n sitarea met 'n oopplan-kaggel en buitebraai-area. Gaste kan in die swembad afkoel, op die sonstoele ontspan of in die sitkamer 'n boek lees. Verder kan hulle die plaas verken deur aan 'n plaastoer deel te neem, op 'n bootrit te gaan of net te wandel en die voëllewe besigtig.
Besienswaardighede in die area sluit wynkelders, Caledon Spa and Casino, museums, verskeie kusdorpies vir walviskyk, en gholfklubs in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
O'Nel Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 131
Jaar gelys 9
Ligging
- R43, Caledon, 7230, Wes-Kaap
- Gaste dink Rouxwil Country House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, Caledon, 7230, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12