Rus In De Rust
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burgerstraat 16, De Rust, 6650, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 175 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rus In De Rust is 'n pragtige erfenishuis wat uit die 1920's dateer en bied slaapplek vir altesaam 6 gaste in 2 aparte eenhede. Die eenhede kan apart of saam bespreek word.
Rus In De Rust Huis vir 4 het 2 ruim slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en lugversorging in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Daar is 'n stort en 'n toilet in die badkamer. Die leefarea het 'n eet- en 'n sutarea. Die sitarea het lugversorging en bied toegang tot 'n stoep met 'n uitsig op die Swartberge. Daar is 'n kaggel in die kombuis en dit is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die aparte TV-area het 'n slim-TV met Netflix.
Rus In De Rust Ateljee vir 2 het 'n dubbelbed, lugversorging en 'n badkamer met 'n oopplanstort en 'n toilet. Dit is in die tuin geleë en het 'n mooi stoep met 'n uitsig oor die swemdam.
Gaste kan die gemeenskaplike tuin en braai area gebruik en die groot erf is omhein en het 'n hek.
Rus In De Rust bied veilige verblyf en is naby die dorpie se hoofstraat met sy talle restaurante en koffiewinkels, maar is ook ver genoeg van die gemaal dat gaste 'n plattelandse gevoel in hierdie spogdorpie kan ervaar. Die verblyf het sonpanele wat krag tydens beurtkrag voorsien.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Deon Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 125
Jaar gelys 7
Ligging
- Burgerstraat 16, De Rust, 6650, Wes-Kaap
- Gaste dink Rus In De Rust het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burgerstraat 16, De Rust, 6650, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom