Rus-'n-bietjie
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lord Kitchener-laan 839, Palm Beach, Port Edward, 4275, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Rus-'n-bietjie ’n tuinkothuis in Palm Beach wat gerieflik ingerig is en bied slaapplek aan ’n gesin van 6.
Die kothuis het ’n privaat ingang en bied 3 slaapkamers wat ’n badkamer met ’n bad en stort deel. Die hoofslaapkamer beskik oor ’n dubbelbed en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens. Linne word voorsien vir gaste se gerief, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met ’n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ’n stoof en oond, broodrooster, ketel, asook die nodige breekware en eetgerei. Die sitrarea beskik oor ’n TV. DStv is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder (nie 'n Explora nie) saambring.
Daar is braaigeriewe asook ’n onderdak kuier-area. Daar is ook ’n onderdakparkeerplek vir 2 voertuie, en staanplek vir 'n sleepwa. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Die eenheid beskik oor ’n alarmstelsel en is veilig agter 'n elektriese omheining. Let asb. daarop dat jy Rus-'n-bietjie ná ’n kort grondpad van sowat 350 m sal bereik.
Rus-'n-Bietjie is voorsien self water en is nie afhanklik van die munisipaliteit nie.
Gaste kan op die pragtige Palm Beach strand ontspan, swem, seilplankry, visvang, stap, voetslaan of voëlkyk in Mpenjati-reservaat. Die immer gewilde Mac Banana is ongeveer 2 km hiervandaan en gaste kan heerlike wafels by The Waffle House in Ramsgate geniet. Daar is 'n groot verskeidenheid strande in die omtrek waar almal heerlik kan swem, visvang en ontspan. Die kreef-seisoen maak ook die begin van Maart oop, so vissermanne kan ook heerlik kreef vang met die nodige permitte en braai. Op Palm Beach se strand kan die hele gesin heerlik ontspan en visvang. Daar is ook 'n heerlike getypoel waarin mens kan afkoel!
Slaapplek
’n Bespreking by Rus-'n-bietjie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Lord Kitchener-laan 839, Palm Beach, Port Edward, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Rus-'n-bietjie het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lord Kitchener-laan 839, Palm Beach, Port Edward, 4275, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom