Rustic Rocklands Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Beskrywing

Rustic Rocklands Retreat is 'n bekoorlike, rustieke selfsorghuis in Simonstad se hoofstraat wat 'n woudgevoel mét 'n see-uitsig bied. Die huis het simplistiese afwerkings en meubels wat 'n vintage-karakter verleen. Boulderstrand is net 'n kort entjie se ry ver en gaste kan hier saam met pikkewyne swem of 'n gesinspiekniek geniet. Windmill-strand en Water's Edge is ook naby en bied afgesonderde, veilige swemplek en rotspoele om te verken.

Die huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 ruim slaapkamers met en suite-badkamers en 'n oopplan-leefarea en -eetarea met 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort, -toilet en -wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n handstort, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, ketel en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is sitplek vir 7 in die eetarea en die sitarea het rusbanke en 'n kaggel. Daar is 'n gastetoilet langs die leefarea.

Die huis bied 'n balkonnetjie met 'n tafel en stoele sodat gaste agteroor kan sit met 'n glas wyn of 'n koppie koffie en die see-uitsig indrink.

Slaapplek

'n Bespreking by Rustic Rocklands Retreat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rustic Rocklands Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 R1 900 per nag (vir 4 mense)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za