Rustica Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rustica Country House is op 'n plaas 50 km buite Middelburg in Mpumalanga geleë.

Dié plaas lê tussen die Loskopvallei se berge en die Selonsrivier, wat deur die plaas vloei. Die huis word omring deur groen grasperke en reuse, inheemse bome.

Verblyf word gebied in 2 individueel versierde gaste-eenhede en 'n bosveld-kampterrein.

Elke gaste-eenheid het 2 slaapkamers en 'n gedeelde badkamer. Albei eenhede het 'n privaat ingang en 'n haardroër. Die eenhede word daagliks skoongemaak.

Die kampplek is langs die Selonsrivier geleë. Daar is bome al langs die rivier, wat skadu voorsien.

Daar is 'n groot onderdakveranda met 'n ingeboude braai en buitemeubels. Aan die ander kant van die huis is 'n boma-area tussen welige plantegroei. Vuurmaakhout word voorsien.

Die plaas is 'n paradys vir voëlkykers met 'n groot verskeidenheid voëllewe. Koedoes, waterbokke, bosbokke, en rooibokke is algemeen in die area. Daar is 'n staproete langs die rivier, meestal onder Geel Apiesdoring- en Vaderlands Boswilg-bome.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rustica Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za