Saints Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints Villa bied selfsorgverblyf in 'n lieflike villa met 7 slaapkamers wat in 'n stil straat in die gewilde voorstad Kampsbaai geleë is. Die villa is net 5 minute se ry van Kampsbaai se strand af en die bekende strook restaurante, koffiewinkels en kroeë wat daar teen die strand geleë is. Die villa is perfek vir groter groepe en gesinne wat op soek is na ruim, privaat verblyf.

Die villa bied gedeeltelike see- en berg-uitsigte van die patio en verskeie kamers af. Daar is 7 slaapkamers in die villa wat oor 2 verdiepings strek. Die onderste deel van die huis het 3 slaapkamers waarvan 2 koningingrootte-beddens en privaat patios het. Die ander kamer is die hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 'n instapkas, 'n patio en 'n TV. Die boonste deel van die huis beskik oor 4 slaapkamers, insluitende 2 en suite-kamers met koningingrootte-beddens. Die derde kamer bevat 'n driekwartbed en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed. Let asb. daarop dat die boonste slaapkamers met steil trappe bekom word. Daar is 7 badkamers in totaal. Die onderste deel van die huis het 3 badkamers ? 2 volledige badkamers en 'n derde badkamer met 'n stort-oor-bad. Die boonste vloer bevat 4 badkamers, insluitende 1 volledige badkamer met 'n stort-oor-bad, en 2 badkamers met storte.

Daar is 2 oopplan-leefkamers ? 1 op elke vloer van die huis. Die leefkamers beskik oor gemaklike rusbanke, matte, TV's en klankstelsels. Die leefkamer op die onderste verdieping kan as 'n TV-kamer gebruik word deur groter groepe of gesinne. Verder het die villa 2 toegeruste kombuise wat perfek is vir selfsorg. Albei kombuise het 'n oopplan-uitleg en daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar. Die 2 eetkamerareas spog met oorgenoeg plek waar gaste maaltye kan geniet en kan kuier. Die boonste eetkamerarea het sitplek vir 6 of meer gaste en die onderste eetkamerarea het sitplek vir 8 gaste.

Die ruim buite-area het 'n swembad, 'n pizza-oond, 'n buitenste eetarea, 'n grasperk, sonstoele en ingeboude sitplek met gemaklike kussings. Veilige parkeerplek word voorsien en daar is 'n motorhuis en onderdakparkeerplek beskikbaar. Die huis bied ook gratis WiFi en sekere DStv-kanale. Verder word skoonmaakdienste ook van Maandag tot Vrydag voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 160 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za