SANParks Jo-Anne's Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Jo-Anne's Cottages is in die Weskus Nasionale Park, net 'n entjie se ry van Kaapstad af. Dié park langs die see bied 'n strandmeer, duine, rare fynbos, vleilande en lieflike branders. Gaste wat lief is vir die natuur, voetslaan, fietsry, bergfietsry en voëlkyk kan hierdie pragtige deel van die Weskus kom verken en hier kom rus.

Langebaan se ikoniese strandmeer, net 'n entjie landwaarts vanaf Saldanhabaai se hawe en 1,5 km se ry vanaf Kaapstad se middestad, vorm die fokus van die park. Daar is ook heelwat ander besienswaardighede vir die hele gesin om te verken.

Jo-Anne's Cottages is vir selfsorg toegerus. Dis naby Churchhaven en net 'n entjie se stap van die strandmeer af. Die kothuise word daagliks skoongemaak en is van breekware, eetgerei, beddegoed, handdoeke en seep voorsien. Daar is sonkrag en die yskas-vrieskas, geyser en stoof werk met gas.

Die Geelbek Restaurant is binne die Weskus Nasionale Park langs die Langebaan-strandmeer. Dit bied 'n pragtige uitsig oor die park, strandmeer, flaminke en ander voëls, asook ander wilde diere. Dié Kaaps-Hollandse gebou is 'n nasionale monument. Die bestuur is onlangs deur Rassie Erasmus oorgeneem en sy span skep 'n fynproewerservaring soos min.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Jo-Anne's Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 152 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za