SANParks Koringkorrelbaai Coastal Camp Site
- Kapasiteit: 30 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N7, Namakwa Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R178 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Koringkorrelbaai Coastal Camp Site is in die Namakwa Nasionale Park in die hartjie van die Karoo. Dié park het baie uitgebrei en strek vanaf die Skilpad-deel naby Kamieskroon op die platorand in 'n westelike rigting tot by die kus. Ontsnap na 'n wêreld van teenstellings waar die ongenaakbare klimaat menige vorms van lewe ongelooflik by die habitat laat aanpas. Plate vol veldblomme, die sterrehemel, kokerbome, enorme granietkoppies en die ysige Atlantiese Oseaan is net van die wonders wat hier aangetref word.
Koringkorrelbaai is 'n rotsagtige kus met 'n lang strand in die noorde. Dolfyne is dikwels in dié baai te sien. 'n 4x4 word benodig om die kamp te bereik.
Die SANParks Koringkorrelbaai Coastal Camp Site is 'n ongekunstelde kampplek wat die kus se ongerepte karakter behou. Gaste moet hulself onderhou en alles saambring wat hulle vir kamp benodig. Daar is 5 kampplekke en elkeen het 'n muur wat die wind keer en 'n braai-area. Die kampterreine het nie water, elektrisiteit of ablusiegeriewe nie, maar slegs basiese kompostoilette. Daar is geen selfoonsein nie.
Hout is by die Groenrivier-hek beskikbaar, maar dit word aanbeveel dat gaste hul eie hout saambring.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Thandeka Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 1240
Jaar gelys 6
Ligging
- Langs die N7, Namakwa Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
- Gaste dink SANParks Koringkorrelbaai Coastal Camp Site het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 30 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N7, Namakwa Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom