LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Santos Apartment | LekkeSlaap
+16

Santos Apartment

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Munro-rylaan, Santos Eenheid 27, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 380 R1 242 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Santos Apartment is 'n selfsorg-strandwoonstel met 'n ononderbroke uitsig oor die see, op die eerste verdieping van die Santos-kompleks in Mosselbaai. Santos is teen die strand wat 'n Blouvlagstatus het en is stapafstand van verskeie winkels en 2 restaurante af. Mosselbaai is op die Tuinroete waar inheemse woude en flora in oorvloed voorkom. Dit is ook bekend vir sy Mediterreense klimaat met gematigde winterdae.

Die woonstel is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Alle linne, swem- en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, stoof, oond en suigwaaier, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Die sitarea het lugversorging en 'n platskerm-TV wat aan 'n Android TV-boks gekoppel is, wat aan WiFi gekoppel is. WiFi is nie in die tariewe ingesluit nie. 'n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar. Die sitarea lei na 'n balkon wat stoele, 'n tafel, sambreel en ketelbraai het.

Die Santos-gebou het veilige toegang en 'n hyser. Daar is aangewese parkeerplek.

Slaapplek

’n Bespreking by Santos Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Munro-rylaan, Santos Eenheid 27, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 380
Vanaf R1 242
per nag (plek vir 4)
was R1 380
Vanaf R1 242
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Munro-rylaan, Santos Eenheid 27, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3b0cbd5f5d8b6c67730e2f48539a014b01c88c2c0c2b39e6409ab66f63cfcf31b388c969e14f94b29ea7f992f638b8cec81b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 380, nou Vanaf R1 242  per nag (plek vir 4) Munro Drive Unit 27 Santos 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -34.17815512409 22.135919463615
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!