Santos Express

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Santos Express Train Lodge is teen Santosstrand in Mosselbaai geleë, en dit is definitief een van die mees eksentrieke blyplekke. Hierdie regte trein bied asemrowende see-uitsigte vanuit al die kajuite. 'n Heerlike seebriesie hou alles koel, selfs op regtige warm dae. Ons bied unieke verblyf in 'n dubbelkompartement of enkel-"coupe", soortgelyk aan die TransKaroo.

Ons het 7 koetse waarvan 4 identies is. Daar is 5 kompartemente met slaapplek vir 2 tot 4 mense, 2 "coupe"-eenhede met slaapplek vir 1 tot 2 mense, 2 toilette en 1 stort. Die vyfde koets is verdeel in 'n slaapsaal met 16 beddens en 'n sitkamer en die kaboes, 'n en suite-kamer met 'n balkon. Die sesde en sewende koetse is ons "vintage royal ladies" en daar is 2 suites in elke koets wat elk beskik oor 'n koninggrootte-bed, en suite-badkamer, toiletware en 'n balkon met buitemeubels wat uitkyk oor die pragtige Munrobaai.

Dubbel- en enkeltariewe sluit 'n gratis Kontinentale ontbyt in. "Royal"-suites sluit 'n ligte ontbyt in asook 'n komplimentêre opgradering na 'n ekstra, warm Engelse ontbyt. Ons het slaapplek vir maksimum 122 mense en bied spesiale tariewe vir groepe van 30 mense of meer gedurende ons laagseisoen. Spyskaarte kan pasgemaak word om jou begroting en vereistes te pas.

Ons goeie restaurant en kroeg bedien ontbyt die heeldag en ander heerlike maaltye soos steak, seekos en ons beroemdste tradisionele etes. Hierdie maaltye kan binne of op die sondek bedien word. Die restaurant is oop vanaf 07:30 vm.

Ons personeel kan jou bystaan met alle reis- en avontuur-reëlings vir enige van of meer as die volgende: haaihokduik, walviskyk van 'n boot af, vryval, wildritte, vierwielmotorfietsritte, diepseevisvang, plesierbootvaarte na robeiland en nog meer.

Ons is net 5 tot 10 minute se stap van die Dias-museum, die kompleks, hawe en middedorp af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Santos Express gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za