Elandsvallei Akkommodasie by Saragossa Game Lodge | LekkeSlaap
+27

Saragossa Game Lodge

3 resensies
Wildsplaas
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erfdeel 14, Elandshoek Plaas, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 14
  • Vanaf R3 500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Saragossa Game Lodge bied B&B-verblyf op 'n privaat wildreservaat tussen die berge en golwende graslande in Mpumalanga se Elandsvallei. Dié lodge bied gerieflike verblyf en heerlike maaltye, sowel as safari-doendinge.

Verblyf by Saragossa Game Lodge beskik oor 7 unieke suites en 1 villa. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed met Egiptiese katoenlinne, kamerjasse, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n haardroër, 'n kluis en 'n plafonwaaier. Elke kamer het ook 'n privaat ingang wat toegang tot die tuin en swembad bied.

Die losstaande villa is in die middel van die bosveld geleë, net 2 minute se stap van die hooflodge af. Dié villa beskik oor 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed, 'n ruim sitkamer met 'n kaggel en 'n groot kombuis en eetarea. Die villa het ook 'n privaat swembad, sondek, buitestort en 'n vuurput met 'n uitsig op die berge.

Die ontspanningsareas sluit 'n knus sitkamer, kroeg met 'n oop kaggel, 'n sigaarsitkamer, whiskey-kroeg, wynkelder en 'n eetkamer in. Die lodge het ook 'n groot verhitte swembad met Jacuzzi-sitplekke, 'n swembadkroeg en 'n pragtige lapa-venue vir troues en funksies. Tariewe sluit ontbyt en verskeie warm drankies in. Middagete, middagtee en aandete kan bespreek word teen 'n ekstra koste. Gaste moet vooraf bespreek.

Die lodge word ook omring deur damme, strome, grasvlaktes en bosveld. Die oorspronklike huis is in die 1920's gebou en gerestoureer om die ouwêreldse atmosfeer en bekoring te behou. Daar is 'n verskeidenheid doendinge, soos wildritte, boswandelings, sterrekyk en vierwielmotorfietsritte.

Die omgewing het ook doendinge, soos perdritte, klim, abseil en uitstappies op die Panoramaroete. Dit kan alles by die lodge bespreek word.

Saragossa Game Lodge is sowat 96 km vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en sowat 136 km vanaf die Malelane-hek na die Krugerwildtuin.

Kenmerke

Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits
  • Switsers
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Saragossa Game Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Erfdeel 14, Elandshoek Plaas, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Gaste dink Saragossa Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Elandsvallei Mpumalanga
Vanaf R3 500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R3 500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erfdeel 14, Elandshoek Plaas, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 14
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIyZTU4ZGI3LTIyNTUtNGFmMS1hY2RmLTdjMmQ1YWZkMTYyMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 Portion 14 of the Farm Elandshoek 25 km from Waterval Boven 1195 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -25.58282557168 30.474609732628
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za